Wednesday 7 August 2013

LEMOEN-EN-DADELKOEK





LEMOEN-EN-DADELKOEK

250 ml margarien
250 ml suiker
3 groot eiers, geskei
250 ml dadels
500 ml meelblom
1 heel lemoen
250 ml melk

5 ml koeksoda
sout

Stroop:

125 ml suiker
180 ml lemoensap

1. Stel die oond op 180C.

2. Klop die margarien en suiker tot romerig. Klits eiergele. Klits by die suikermengsel.

3. Maal die dadels en die hele lemoen (skil en al) saam. Voeg by die vorige mengsel.

4. Sif die droë bestanddele (behalwe die koeksoda). Los die koeksoda op in die melk. Voeg om die beurt met die droë bestanddele by die nat mengsel.

5. Klop eierwitte styf. Vou in die deeg in.

6. Giet die deegmengsel in die pan. Bak 30 tot 35 minute. Keer versigtig uit.

8. Stroop: kook die suiker en lemoensap vir 19 minute. Giet oor koek.

Opsioneel: Sny 'n paar dun skywe lemoen. Plaas onder in die gesmeerde pan. Strooi versiersuiker oor elke skyf lemoen. Giet deeg oor lemoenskywe in die pan.