Tuesday 20 August 2013

KERRIE VARKTJOPS




KERRIE VARKTJOPS
4 varktjops
2 uie, gekap
100ml asyn of suurlemoensap
100ml water
50ml tamatiesous

30ml fyn appelkooskonfyt
20ml maizena
5ml kerriepoeier
5ml borrie
Sout  en peper

Was en prik die varktjops aan albei kante.
Plaas in gesmeerde oondpan.
Meng uie saam met al die ander bestanddele.
Giet oor tjops, bedek met foelie en laat staan vir 3-4 ure.
Verhit die oond tot 200°C.
Bak tot gaar.
Verwyder foelie en laat bruin word.
Die gaar marinade is ñ heerlike sous vir die rys.