Wednesday 7 August 2013

HOESMIDDEL

HOESMIDDEL
Lettie Swarts

1 koppie water
1 koppie appel asyn (of ander)
1 koppie suiker
10 ml.Turlington
1 botteltjie Borsdruppels
10 ml Bloekom olie
10 ml Paragoriese Elekser

Meng water en suiker tot al die suiker opgelos is (effe lou water)
Voeg die ander middels by en meng goed.
Giet middel in flesse(Energade bottels werk uitstekend)
Skud elke keer voor gebruik.
Volwassenes 5ml. kinders bo 2 jaar ¼ tot ½ teelepel..

DIE MIDDEL MAAK SLYM LOS EN MOENIE TERUG GESLUK WORD NIE
HOU MAAR ROL TOILET PAPIER OF SNEES DOEKIES BYDERHAND OM UIT TE SPOEG
AS SLYM ERG VAS IS, KLOP DIE LONGE EFFE MET BAK HANDE