Friday 30 August 2013

GEROOSTERDE GROENTE-KEBABS




GEROOSTERDE GROENTE-KEBABS

6 porsies

GROENTE
4 murgpampoentjies, dik skywe gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
6 klein aartappeltjies, vel verwyder en gaar

 MARINADE
90 ml (6 e) olie
5 ml (1 t) suurlemoensap
15 ml (1 e) heuning
2,5 ml (½ t) sojasous
1 knoffelhuisie, gekneus
2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
knypie sout en peper

Stel oond op 180 °C.
1. Groente: Ryg groente op sosatiestokkies.
2. Marinade: Meng bestanddele vir marinade en smeer met kwassie oor groente.
3. Sit in oond vir 30 min. of tot groente gaar is. Draai van tyd tot tyd om en smeer weer van marinade bo-oor.