Tuesday 6 August 2013

Eiervrug-lasagne





Eiervrug-lasagne

Genoeg vir: 4-6 mense
Gaarmaaktyd: 1 uur

2 eiervrugte, in skywe gesny
250 ml (1 k) koekmeel
3 eiers, geklits
30 ml (2 e) olie

MAALVLEISSOUS
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 kg maalvleis

1 blikkie (25 g) tamatiepasta
1 blik (410 g) tamatiepuree
80 ml blatjang
sout en vars gemaalde
swartpeper
20 ml (4 t) pietersielie, fyngekap

WITSOUS
120 ml (½ k) botter
160 ml koekmeel
1 liter (4 k) melk
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Sny die eiervrugte in 1 cm-skywe en doop elkeen in meel.  Skud die ergste meel af en doop die skywe daarna in die eier.  Verhit van die olie en braai die eiervrugskywe aan albei kante tot gaar.

Verhit die res van die olie en braai die ui en knoffel tot sag.  Voeg die maalvleis by en braai tot amper gaar.  Roer die tamatiepasta en -puree, blatjang, sout, peper en pietersielie by en laat prut 20 minute. 

Verhit die botter in ’n kastrol, roer die meel by en meng tot dit ’n pasta vorm.  Giet die melk by en roer tot ’n dik witsous vorm.  Geur met sout en peper.

Bedek die oondbak (20 cm x 30 cm) met ’n dun lagiewitsous, daarna ’n lagie eiervrug en dan maalvleis.

Herhaal die lae tot al die bestanddele gebruik is.

Eindig met witsous, sprinkel kaas bo-oor en bak 40 minute of tot gaar.