Thursday 22 August 2013
Anys Beskuit
Hennelie Roodt se Anys Beskuit
2.5kg Koekmeel
1 eetlepel sout
3 koppies suiker
4 -5 eetlepels anys
4 koppies kookwater (afgekoel)
6 pakkies droë gis
250g margarine
Meng meel, suiker en sout. Smelt margarine, voeg anys by meelmengsel. Voeg margarine by afgekoelde water en meng goed. Voeg by meelmengsel en knie goed vir omtrent 15 -20 minute. As mengsel te styf is voeg nog 'n bietjie water by. Deeg moet elasties en hanteerbaar wees. Maak deeg toe en laat staan op 'n warm plek tot dubbel gerys. Knie af en maak bolletjies in panne. Laat weer rys tot panne vol is. Bak vir 1 uur by 160 grade. PASOP DIT BRAND MAKLIK
'n koppie suiker en net genoeg water om dit nat te maak. Is vloeibaar maar dik stroop.
Verminder hitte van 100 grade na 90grade wanneer droog.
Maak suikerstroop en smeer oor beskuit as dit uit die oond kom. As dit goed afgekoel het breek met vur. Droog by 100 grade, verminder hitte na 1h30 tot op grade vir ongeveer 3 - 4 ure.