Monday 12 August 2013

AARTAPPEL-SOUFFLÉ




AARTAPPEL-SOUFFLÉ
Bestanddele
5 medium aartappels, geskil
1 teelepel bakpoeier
1 eetlepel botter
1 blikkie roommielies
1 koppie cheddarkaas
6 eiers
sout
Metode
Kook aartappels tot gaar.
Maak kapokaartappels en voeg bakpoeier en botter by.
Sout na smaak.
Moet geen melk byvoeg nie.
Voeg die blikkie roommielies by en roer goed.
Skei die eiers en voeg die geel by die aartappelmengsel.
Klop die eierwit tot styf.
Vou dit versigtig by aartappelmengsel in.
Strooi kaas oor.
Plaas in vuurvaste bak en bak vir 'n halfuur teen 150 grade.