Monday 12 August 2013

5 Minuut-sjokoladekoek




5 Minuut-sjokoladekoek

(1 - 2 porsie)

60 ml bruismeel...
60 ml suiker
30 ml kakao
knippie sout 1 eier
45 ml melk
45 ml sonneblomolie
Smeer of spuit 'n koffiebeker (volume 400 ml) goed. Gooi meel, suiker, kakoa en sout daarin. Meng goed met vurk. Voeg eier by, meng goed. Voeg melk en olie by, meng goed. Sit beker vir 3 minute in mikrogolfoond op 100% krag. Die koek sal redelik rys - dis reg so. Laat staan 'n paar minute voordat jy dit uitkeer. Sit voor met geklopte room en vars rooiaalbessies (red currants).
Ook lekker warm saam met roomys.