Tuesday 16 July 2013

SOUFFLÉ




SOUFFLÉ

JY BENODIG
50g botter • 20g mielieblom • 200ml melk • 200g donkersjokolade (70%) • 80g eiergele • 200g eierwit • 150g strooisuiker • bietjie kakao

METODE
Plaas melk en mielieblom in ’n kastrol en klits effens. Plaas kastrol op lae hitte om melk net warm te maak, nie te kook nie. Sodra die melk warm is verwyder kastrol van die plaat af. Voeg sjokolade en eiergele by en meng totdat sjokolade gesmelt is. Plaas mengsel in ’n bak en dan in die yskas vir 10 minute om af te koel. Smeer binnekant van klein oondvaste bakkies met botter van onder na bo teen die kante. Strooi gerasperde sjokolade oral in die bakkies. Klits eierwitte tot sagte punte vorm en voeg suiker by. Klits verder tot stywe punte vorm. Sodra die sjokolademengsel afgekoel is, verwyder uit die yskas. Voeg geklitste eierwitte by die mengsel. Skep mengsel in die bakkies tot so ²/³ vol. Plaas bakkies op bakplaat en in die oond. Bak vir 10–15 minute 180˚C tot gaar maar nog sag binne. Strooi bietjie kakao bo-oor.