Wednesday 17 July 2013

So Maak EK biltong....



Stefaans Blaauw
So Maak EK biltong....
Gebruik bees of wild "Silverside" lyk mooi maar is gewoonlik nie so sag soos "TOPSIDE" biltong nie...Topside is beter vir die wat nie van baie vet hou nie.
Ek sny dit "repe" biltong so n duim dik, en koop by DELI hulle "Biltong cure SWA"
Dit het alles in wat ons vroeer gebruik het, dan weeg ek die biltong vleis ...en meet 25gram spice af vir elke Kg vleis. MAW ek vat 250 Gram biltong spice op 10Kg vleis. dan sprinkel ek die speserye oor die biltong soos wat ek dit laag vir laag in n skotteltjie pak, en ek springkel met elke laag so bietjie worchestersous ook oor die biltong..Laat staan dan so 12 ure...dop die skottel om in n ander een dat die onderste biltong nou bo le, en laat staan weer vir 12 ure....dan hang ek hulle uit en wag in spanning dat hulle droogword...So na die 2de dag,,,sny ek al droe puntjies af en begin peusel...Ek sal met die volgende biltong wat ek maak vir julle foto's opsit ter illustrasie vir die wat dit nodig het..Geniet