Thursday 25 July 2013

ROOI FLUWEELKOEK




ROOI FLUWEELKOEK - RESEP VAN LANDBOU 

 KOEK
625 ml koekmeel
375 ml suiker
5 ml koeksoda
5 ml kakao
5 ml sout
250 ml karringmelk
2 eiers, by kamertemperatuur
375 ml olie
5 ml witasyn
25 ml rooi voedselkleursel
5 ml vanieljegeursel

ROOMKAASVERSIERSEL
1 houer ferm roomkaas
250 g sagte botter
500 ml versiersuiker
5 ml vanieljegeursel

KOEK
Voorverhit die oond tot 180 °C. Berei 3 koekpanne van 18 cm voor. Sif meel, suiker, koeksoda, kakao en sout saam in ’n groot mengbak. Plaas karringmelk, eiers, olie, asyn, kleursel en geursel in ’n aparte mengbak. Meng die meelmengsel by die karringmelkmengsel. Verdeel die beslag tussen die voorbereide panne en bak vir 35-40 minute. Versier met die roomkaasversiersel en organiese roosblare.

VERSIERSEL
Plaas roomkaas en botter in die mengbak van ’n elektriese menger en klits tot lig en donsig. Voeg die versiersuiker by en klits tot gemeng. Voeg die vanieljegeursel by en klits tot net gemeng. Verkoel vir 20 minute voor dit gebruik word