Thursday 25 July 2013

OUMA MIEMS SE KONDENSMELK

OUMA MIEMS SE KONDENSMELK
Bestandele..
¾ koppie poeier melk
¾ koppie suiker
½ Koppie warm water

Metode:
in ‘n klein bakkie….. meng die melkpoeier en die suiker en sit eenkant.
gooi die warm water in ‘n voedselverwerker (as jy nie een het nie gebruik jou menger)
Skakel die voedselverwerker/menger aan en terwyl dit mal tekere gaan met daai water, gooi jy die melkpoeier en suiker mengsel stadig by…
Meng tot dit lekker glad is en siedaar… jy het dieselfde hoeveelheid as ‘n blikkie kondensmelk.. en dit kos jou BAIE minder!