Wednesday 24 July 2013

MACARONIE EN KAAS





MACARONIE EN KAAS
 

150g botter
120g meel
2 liter melk
500g sterk cheddarkaas, gerasper
250g kersietamaties in helftes gesny
Sout en varsgemaalde swartpeper
 

Kook die macaroni (1 pak genoeg vir 6 porsies) volgens die aanwysings op die pak.  Smelt die botter in ‘n pan oor lae hitte.  Wanneer gesmel, voeg die meel by en roer dit goed.  Haal van die hitte af en voeg die melk bietjies vir bietjies by sodat dit nie klonte maak nie.  Meng dit baie goed tot glad.  Sit terug op die stoof en hou aan met roer tot dik.  Voeg nou die kaas by en meng goed.  Moet nie al die kaas byvoeg nie – jy moet nog bo-oor ook sprinkle.  Wanneer die pasta gaar is, dreineer en voeg by die sous.  Rangskik tamaties bo-op.  Sprinkel die res van die kaas oor en bak in die oond vir 20 – 30 minute op 180°C.
 
Opsioneel:  ’n hand vol ontpitte olywe