Wednesday 17 July 2013

Maalvleispasteie




Maalvleispasteie

Genoeg vir 4 porsies

20 ml (4 t) olyfolie
1 prei, gekap
2 wortels, geskil en gerasper
1 ui, gekap
3 murgpampoentjies, opgesny
2 knoffelhuisies, fyn gekap
500 g maalvleis
75 g lewersmeer
sout en peper na smaak
10 ml (2 t) suurlemoensap
5 ml (3 e) vars pietersielie, gekap
500 g botter-skilferkorsdeeg
30 ml (2 e) melk

1. Voorverhit die oond tot 200 ˚C.

2. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en spuit met kossproei.

3. Verhit die olie in ’n pan en braai die prei, wortels, ui, murgpampoentjies en knoffel saam tot amper gaar.

4. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar.

5. Voeg dan die lewersmeer by en roer deur. Geur met sout en peper na smaak.

6. Roer die suurlemoensap deur en laat prut die maalvleismengsel 5 minute.

7. Voeg die pietersielie by en laat die mengsel effens afkoel.

8. Rol die skilferkorsdeeg uit op ’n oppervlak wat met meel besprinkel is. Verdeel die deeg in 4 gelyke blokke.

9. Plaas die maalvleismengsel op die onderste helfte van elke blok deeg. Verf die kante van die deeg liggies met melk.

10. Vou dan die boonste helfte van die deeg oor die onderste helfte met die vulsel in.

11. Druk liggies met ’n vurk op die kante van die pasteie om dit te seël.

12. Plaas die pasteie op die voorbereide bakplaat en verf weer liggies bo-oor met melk.

13. Plaas in die oond en bak ongeveer 15-20 minute of tot goudbruin en gaar.