Lemoenpatats
- 400 g patats
- 125 ml vars lemoensap
- 5 ml vlapoeier
- 2,5 ml gerasperde lemoenskil
- 10 ml suiwer heuning
- knippie fyn gemmer
- knippie mosterdpoeier
- Skrop patats se skil skoon met ’n groenteborsel en sny met skil in 0,5 cm-skywe. Kook vir 12 – 15 minute in ’n bietjie water tot gaar maar nie pap nie. Dreineer.
- Meng lemoensap, vlapoeier, skil, heuning, gemmer en mosterdpoeier tot glad en roer by gaar patats. Verhit weer tot kookpunt. Roer liggies en kook vir 1 minuut tot die sous effens verdik is. Bedien warm saam met gekrummelde varktjops.