Monday 29 July 2013

KAASSKONS




KAASSKONS

2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel suiker
1/2 teelepel sout
knippie rooipeper (opsioneel)
2 koppies gerasperde kaas
1 koppie volroommelk


Kan 1 eier geklits byvoeg. Die mengsel is redelik droog.

Verhit die oond tot 220 ° C. Plaas die bakplaat in die oond om warm te word.
Sif meel, bakpoeier, sout, suiker en rooipeper in ‘n bak. Meng kaas by. Maak ‘n holte in die middel van die meel..

Bestrooi jou werksoppervlakte met meel en sorg dat jou oond op hitte is.

Voeg die melk (geklitste eier kan sommer saam met die melk gemeng word) by, meng deur met ‘n mes. Keer uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en vinnig vorm ‘n 3 cm dik reghoek. Sny in 8 stukke en sit op meelbestrooide, warm bakplaat. Bak vir 15-20 minute. Jy sal ruik as julle gereed is. Dit sal mooi opgepof en goudbruin wees.

Jy kan die resep ook in jou muffin pannetjies bak wat gespuit is met spray en cook.

Heerlik! As jy dit nie dadelik wil eet nie, die resep vries goed.