Wednesday 31 July 2013

HOENDER MET KOEMKWATS




HOENDER MET KOEMKWATS

JY BENODIG
1 groot hoender
2 eetlepels druiwepitolie
seesout
2 lourierblare
3 tot 6 ingelegde koemkwats (nie te sag gekook nie)
1 ui, in skywe gesny
½ teelepel rissiepoeier
½ teelepel komynsaadjies
½ koppie lemoensap
2 koppies hoenderaftreksel
1 lemoen
METODE
Sorg dat hoender teen kamertemperatuur is. Smeer vel met 1 eetlepel olie en sprinkel met sout. Maak vel versigtig los en druk lourierblare tussen vel en vleis in. Sny 5 koemkwats in skyfies en druk in onder vel. Verhit res van olie in pan en sauté uie, rissie en komyn vir 5 minute. Verwyder uit pan en hou eenkant. Plaas hoender in dieselfde pan en verbruin aan alle kante. Plaas hoender in oondpan en voeg uiemengsel, lemoensap en res van die koemkwats by.
Bedek en bak teen 180˚C vir 40 minute. Haal deksel af en bak vir ’n verdere 10 minute. Rangskik lemoen op opdienbak. Plaas hoender bo-op en gooi alle sous, uie en koemkwats oor.