Tuesday 23 July 2013

Goedkoop Modge Podge resep en voorbeelde

 
 
 
Naomi le Roux
Goedkoop Modge Podge resep

1 Deel kouelym & 1 deel water.

 Ek gebruik dit al n rukkie.

BAIE goedkoper as podge.
 
 
Ja... dit is waterbestand. Het dit op my decoupage gebruik wat ek op die kussing gesit het... werk maar net so goed as die gekoopte produk.
 
Jy kan ook Picture Perfect gebruik as jy bang is dit sal afwas op jou kussingsloop, hoewel dit nie kan gebeur nie, want die prent word vasgestryk op die materiaal.... nadat die foto papier verwyder is.
 

Tafeldoek met servette ge-decopage

Uit servette kan allerhande interessante dinge gemaak word – soos teenette, plekmatjies en skinkbordlappies. Dit kan ook op daardie oulike winkel se sakke geplak word en selfs op rugsakke en voorskote. Die moontlikhede is legio – net soos die wonderlike ontwerpe wat daar te kry is! 




Maak 'n teenet uit servette

Jy benodig:
servet met 'n mooi ontwerp
magic applique-papier
.Dala se Waterproofing Medium vir materiaal.
Kwas en skêr
Net of organza of fyn gordynkant (sonder patroon)
strykyster en wit materiaal
Sny die materiaal net effens groter as wat die skinkbord is, besluit hoeveel dit moet oorhang en bepaal waar die ontwerp gaan kom – die grootte en kleur gee altyd 'n goeie aanduiding.
Sny die prentjie uit al die lae van die servet, maar dis nie nodig om op die lyne te sny nie. Vat twee stukkies wondergom tussen duim en voorvinger van albei hande en druk weerskante van die ontwerpie en trek die lagies papier los van mekaar. Maklik nè? Stryk die prentjie op die “magic applique paper” vas, nie met stoom nie, dit wil sê op die gomkant, maar wees versigtig om nie te hard te druk of die strykyster te warm te maak nie. Knip die prentjie versigtig uit, met die papier (van die applique papier) nog steeds aan die agterkant. Die ontwerpie is redelik stewig en sny maklik uit.
Trek die papier versigtig af en nou kan die ontwerpie op die net/organza/fyn kantgordyn vasgestryk word, natuurlik met die gomkant onder. Wees weereens versigtig vir die hitte en moenie te hard druk nie.
Smeer die medium met die kwas oor die hele ontwerpie aan en maak seker dit word oor die rand van die prentjiegesmeer. Wag tot dit heeltemal droog is voordat jy dit vir 3 minute aan die agterkant en voorkant stryk. Onthou om dit tussen twee stukkies lap te stryk, dit kan maar ou sakdoeke wees of enige ander wit materiaal.
Stik 'n mooi kant om die rand en siedaar, jy het 'n oulike teenet vir jouself gemaak waarop jy meer as trots kan wees.



Trix Struthers Marx

Koop die borduur 'vilene' wat beide kante gom het en stryk dit op die agterkant van die servet.Ek sny dit dieselfde grootte as die servet.Dit werk makliker. stryk dit dieselfde tyd op jou kussing lap. Dan begin jy met jou podge aansmeer, bietjie oor die rande. Ek doen so drie lae. Laat le die lap elke keer vir 'n paar uur om goed droog te word. Daarna as jy klaar is press jy dit goed met 'n baie warm yster en maak die res van jou kussingkie klaar. As jy dit was moet dit baie versigtig wees. Alleenlik handwas maar nie vryf nie, net saggies oor jou servet vryf om vuilheid af te kry.As jy die prentjie uitsny, probeer om ook dieselfde tyd die 'vilene' ook te sny en werk op dieselfde manier. Oppas net dat die servet kan rek so werk van binne af na buite met 'n paar lang hale, eers na die hoeke en dan na die ander kante.As dit voutjies maak is dit baie uniek, net nie te veel nie. Lekker podge!! As julle kussingkies of iets gemaak het, sit fotos op plse. Dis 'n heerlike projek.