Tuesday 23 July 2013

Gevulde Broodjie




Gevilde Broodjie (Lekker saam met braai)

1 Pak brooddeeg (gekoop of jy kan self knie)
1 Pakkie bacon bits
4 Russian worsies (gesnipper in stukkies)
300g Ham - gesnipper in stukkies
Kaas - Cheddar of Gouda soos jy verkies
1 Ui - fyn gekerf
250g Sampioene
1/2 Green pepper in klien blokkies gekerf
1 Prui
Klein bietjie knoffel na smaak (opsioneel)
Klien bietjie pietersielie

Braai ui en prui tot sag, voeg sampioene by en braai tot gaar, voeg green pepper by en braai vir so 20 min. skep uit en hou eenkant, braai die spek tot bros en skep uit.. dreineer effe sodat dit nie vetterig is nie.
Rol deeg uit in vierkant om brood te vorm, skep en versprei al die ander bestandele om brood te vorm, asook die kaas. Vou oor met vulsel in die middel en seel ook die kant. Bak in warm oond (180grade) tot gaar .. ongeveer 25 min.