DRIE VRUGTE MARMELADE- Mikrogolf
1 suurlemoen
1 pomelo
1 lemoen
Water
Suiker
Kerf die vrugte met pitte en al.
Voeg 500ml water by elke 250ml vrugte.
Laat vrugte oornag in koue water week.
Verdeel vrugte en water tussen 3 bekers met ‘n inhoudsmaat van 1.5liter en mikrogolf al drie saam 40min op hoog of tot vrugte sag is. (Die vrugte kook vinniger sag in bekers as in ‘n wye bak.)
Giet alles terug in diep plastiek bak en laat effens afkoel.
Voeg suiker by: 250ml by elke 250ml vrugtemengsel.
Roer tot suiker heeltemal ogelos is.
As die suiker nie wil oplos nie, mikrogolf dit 10-20min op hoog, roer af en toe tot dit opgelos is.
Mikrogolf marmelade nog 15min na gelang van hoe dik jy dit verkies.
Moenie marmelade roer terwyl dit kook nie, anders sal dit nie helder wees nie.
Toets gereedheid.
Skep skuim af wat gedurende gaarmaktyd bo-op vorm en toets dikte van marmalade.
Wanneer gereed, skep in warm gesteriliseerde bottles, skroef deksels op en sit bottles onderstebo neer.