Baguettes
Dié lang Franse brood met sy harde korsie is perfek saam met ’n bakkie sop.
(8 baguettes)
660 ml louwarm water
1 x 10 g-sakkie kitsgis
10 g (10 ml) sout
20 ml heuning
30 ml olyfolie
1 kg (1 785 ml) koekmeel
Plaas water, gis, sout, heuning en olyfolie in menger se mengbak. Gooi ⅔ van meel by en meng met deeghaak teen matige spoed. Gooi laaste ⅓ van meel geleidelik by en meng tot stywe, kniebare deeg.
Verhoog mengerspoed en knie vir 8 – 10 minute of tot ’n elastiese, gladde mengsel.
Plaas deeg in groot bak wat met sonneblomolie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat rys op warm plek vir 30 – 40 minute of tot dubbel die volume. Knie af.Herhaal proses drie keer.
Keer deeg op meelbestrooide oppervlak uit en sny in 200 g-stukke. Dis belangrik om die deeg te weeg sodat al die brode ewe groot is.
Druk deeg effens plat en rol dan styf op, soos wat jy met ’n rolkoek sou doen.
Laat staan vir 10 minute en vorm die baguette só
Druk rolletjie plat.
Stap 1
Druk rolletjie effens plat. Vou boonste 2 hoeke van deeg na middel dat dit lyk soos ’n huis se dak. Druk plat met palm
Stap 2
Gebruik palm van hand en druk deeg weer plat. Vou huisdakkie dan oor in 1 cm breë vou. Doen dit 2 maal. Begin om deeg se bo-punt oor te vou na onder en dan die soom met jou hand- palm stewig vas te druk. Hou so aan tot jy die hele oorblywende stuk deeg gerol-vou het.Verhit oond tot 220 °C. Rol die wors met palms
Stap 3
Rol die wors met jou palms tot sowat 50 cm lank en rol punte van deeg op om skerp punte te vorm. Plaas deeg se soom onder
Stap 4
Plaas met deeg se soom na onder op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Sif klein bietjie koekmeel oor
baguettes. Laat rys op warm plek vir 25 – 30 minute of tot dubbel die volume.
Sny 5 kepe met ’n skerp mes bo-op uitgerysde brood. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin. Laat afkoel.