Sunday 21 July 2013

Asyn




Asyn
 

·         Voeg ‘n bietjie asyn of suurlemoensap of witwyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word.

·         Gooi ‘n bietjie asyn of suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal ‘n lieflike ligbruin kleur en ‘n aangename geur aan die uie verleen.

·         ‘n Lepel asyn in die water wanneer jy ‘n eier posjeer keer dat die wit versprei.

·         Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers kook. Dit keer dat die eiers bars.


·         ‘n Bietjie asyn in die olie verhoud dat vleis wat in krummels gerol is gou vasbrand in die pan.

·         Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water gegooi word as die gekook word.

·         Gooi bietjie asyn by olie waarin vis gebraai word. Die vis absorbeer minder olie.

·         Gooi suurlemoensap/asyn by vleis om dit sag te maak.

·         Verwyder visreuk van eetgerei deur dit in asynwater af te spoel.

·         Asyn of suurlemoen en koeksoda werk beter as handy-andi.

·         Asyn en koeksoda maak vir ‘n baie goeie disinfectant.

·         Asyn en warm water kan ontslae raak van ‘n mierplaag!

·         Voordat ‘n nuwe pan gebruik word, kook ‘n bietjie skoon asyn vir ‘n paar minute daarin. Sal ook voorkom dat vasbrand.

·         Vul met helfte wit asyn en helfte water. Stoom die strykyster tot die tenk skoon is. Hervul met skoon water en stoom weer die tenk leeg.

·         Citrus Soda en asyn maak ‘n aangebrande pot sommer vinnig skoon!

·         Vul nuwe ketel met helfte wit asyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel die volgende dag uit met skoon water. Aanpaksels aan ‘n ketel se element kan verwyder word deur te kook met asyn.

·         Maak jou eie bleikmiddel met koeksoda en asyn.

·         Om glans terug te bring in kristalglase – gooi ‘n paar druppels ammonia in die was water en spoel af in asyn water.

·         Handdoeke wat hard uit die was kom - veral in brak water. Was jou handdoeke in warm water met seep en gooi ongeveer ‘n handvol sout by (Los die sout op in die water). Moet nie versagter gebruik nie. Spoel die seep goed uit. Spoel weer maar gooi so 2-3 eetlepels ammoniak of wit asyn in die laaste uitspoelwater.

·         Neem houertjies en gooi doodgewone asyn daarin, as dit kan hoe sterker die asyn hoe beter [met ander woorde die % asyn wat op die bottle staan] plaas dit nou oral rond, in die somermaande plaas ek ‘n bakkie voor die waaier en dit vul die vertrek totaal.

·         Vir lastige vlieë, gooi gewone asyn wat mens in kos gooi in klein bakkies of deksels en plaas dit op onooglike plekke bv bo-op yskas ens. Die suur reuk jaag die vlieë weg, al nadeel is dat dit vinnig verdamp (na 3 dae) maar bly nog steeds goedkoper as enige gifstowwe.

·         Maak juweliersware skoon deur dit oornag te week in ‘n mengsel van koeksoda en asyn. Indien nodig, skrop liggies met ‘n ou tandeborsel. Dit verwyder alle vuilighede sonder om die stene, goud of silver te beskadig. Moenie perels oornag week nie - net vir sowat ‘n uur.

·         Hou jou wit klere wit deur dit in 5 liter water en 1 koppie asyn te week.

·         Vryf koper blink met sout en asyn/suurlemoenmengsel

·         Gebruik een deel asyn met twee dele gekookte lyn-olie. Die mengsel moet goed geskud word. Smeer dan aan soos meubel politoer en poleer na die tyd.

·         Meng asyn en suurlemoen olie om die helfte aan en gooi in ‘n spuitbottel vir jou meubels.

·         Vuil mikrogolf oond - Verhit ‘n 1/2 koppie asyn in die mikrogolf (nie nodig om te kook nie). Die asyn maak al die vetterigheid los. Vee mikrogolf met sagte lap uit.

·         ‘n Paar bakkies vol asyn in die vertrek keer ook dat die rook intrek in meubels.

·         Skrop muwwerige panne wat roes skoon met asyn en laat droog word in die son.

·         Klein geroeste artikels kan ´n paar dae in asyn gelê word om die roes te verwyder.

·         ´n Paar druppels asyn by skoenpolitoer wat hard geword het maak dit weer sag.

·         Maak jou stoof skoon met ‘n mengsel van sout en asyn.

·         Maak ´n ou kous klam met 25ml asyn en 20ml lou water en vryf spieëls blink daarmee.

·         Voeg twee eetlepels asyn by die water vir silwerskoon vensters.

·         ´n Verfkwas met harde hare kan ½ uur lank geprut word in kokende asyn en agterna gewas word met skottelgoedwasmiddel.

·         Verfkolle: Verfkolle op vensters kan verwyder word met asyn.

·         Biervlekke kan uit ´n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf.gestel deu

·         Sodawater of wit asyn haal gewoonlik bloed vlekke uit matte uit.

·         Maak ´n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan die kraag.

·         Koperware kan pragtige blink gemaak word as dit nou en dan met sout en asyn afgevryf word.

·         Stop ´n skoon vloerlap in ´n plastiek groentesakkie en was jou matte daarmee. Verwyder kolle op ´n mat met 1 deel witasyn en 3 dele water.

·         Sodawater of wit asyn haal gewoonlik hardnekkige vlekke soos rooiwyn en bloed uit matte uit.

·         Om hardnekkige water vlekke in bak uit te kry kan 3 koppies asyn ingegooi word en gelaat word vir ‘n paar uur. Borsel en spoel.

·         Indien jy hardnekkige watervlekke in ‘n beker of houer het – Vul houer met asyn en laat staan ‘n paar uur en verwyder dan met ‘n skuursponsie. (Asyn kan oor en oor gebruik word vir die doel)