Thursday 18 July 2013

2 x Pampoenkoekie Idees

JULIE SE BOERE PAMPOENKOEKIE
2 koppies gaar pampoen
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
1 eier
1 eetlepel suiker
1 teelepel growwe peper
'n skeut suurlemoensap

METODE
Meng alles goed saam tot 'n pap beslag.
Verhit olie in pan.
Skep beslag met 'n groot lepel in pan.
Braai tot goudbruin.
Plaas koekie op kombuispapier om die oorollige olie te absorbeer.
Bedien net so as bykos, of met kaneelsuiker en karamelsous as 'n nagereg.


PAMPOENKOEKIES IN STROOP
500ml gaar boerpampoen
250ml gesifte koekmeel
10ml bakpoeier
2ml sout
1 geklitste eier
Kookolie
SOUS:
15ml botter/margarien
375ml suiker
200ml melk
15ml mielieblom
175ml koue water
Metode:
Maak pampoen goed fyn.
Voeg, meel, bakpoeier, sout en eier by en meng goed.
Skep lepels vol in warm olie, druk effens plat en bak tot weerskante goudbruin en gaar.
Pasop dat die olie nie te warm is nie, dan brand die koekies voordat hulle gaar is.
Dreineer op kombuispapier en skep in opdienskottel.
Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt.
Los mielieblom in water op en roer in ‘n straaltjie by die melkmengsel.
Verhit tot kookpunt en gooi oor koekies.
Dien warm op. Lewer sowat 3 dosyn koekies