Wednesday 5 June 2013

Tamatie-en-boontjiesop





Tamatie-en-boontjiesop: Braai 2 gekapte uie, 1 gekapte Chorizo-wors en 2 gekapte knoffelhuisies stadig in 'n bietjie olyfolie tot die ui sag is. Voeg 2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties, 750 ml hoenderaftreksel, 15 ml Worcestersous, 45 ml gekapte vars oregano, suiker, sout en peper na smaak by. Verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 20 minute tot geurig en afgekook. Dreineer 1 blik (410 g) botterbone OF 'n blik gemengde bone en voeg by. Prut vir nog 5-10 minute, pas die geurmiddels aan en sit voor met vars brood.