Monday 24 June 2013

Stefaans se Knieskyf Pot




Stefaans Blaauw
Hierdie is een van my LEKKESTE Potjies, dis lekkerder as OXTAIL, en kos n Kwart daarvan. Sit net 2 of 3 bees knieskywe in die stoompot, gooi bietjie sout, gebrande koljander, en swart peper of suurlemoen peper in, stoomkook tot die vleis lekker sag is, sit n ui en so 2 aartappels in kwarte gesny in, kook weer tot die aartappel sag is. maak n potjie rys......half koppie wit rys, en n half koppie stampkoring saam, en daar het jy die lekkerste boerepotjie op n Sondag middag. Moenie allerhande soorte speserye ingooi nie
dit D@#%$&#R die vleis se smaak op.

LEKKER EET, ek sit nou my pot op die stoof....