Thursday 20 June 2013

SPINASIE-EN-SAMPIOENTERT




SPINASIE-EN-SAMPIOENTERT
 (Dit lewer 1 tert)
 Kors:
 120g koekmeelblom (250ml)
 100g gerasperde cheddarkaas (250ml)
 125g margarien
 Vulsel:
 350g vars spinasie
 60g sampioensoppoeier (1 pakkie)
 250ml suurroom of 250ml room of 125ml room en 125ml melk
 1middelslag ui, gekap
 10ml olyfolie
 250g gladde maaskaas (1 houer)
 3groot eiers, geklits
 100g gerasperde cheddarkaas (250ml)
 2ml sout
 varsgemaalde swartpeper
 2ml mosterdpoeier

 1. Kors: Meng al die bestanddele vir die kors in 'n voedselverwerker
 tot 'n sagte deeg. Voer 'n gesmeerde, oondvaste tertbak met 'n
 inhoudsmaat van 2 met die deeg uit. Plaas in yskas tot benodig.
 2. Vulsel: Was die spinasie goed af in soutwater, plaas dit nat in
 'n groot kastrol, bedek en kook tot net sag. Gooi water af, verwyder
 die harde stingels en sny die spinasie fyn.
 3. Meng die soppoeier en room saam en laat vir 5 minute staan.
 4. Soteer die ui in die olie tot sag en deurskynend.
 5. Meng die gekookte spinasie, soppoeiermengsel, gesoteerde ui,
 maas kaas, eiers, helfte van die kaas, sout, peper en mosterdpoeier
 saam.
 6. Skep vulsel in kors, sprinkel oorblywende kaas bo-oor en bak in
 'n voorverhitte oond by 200 C (400F) vir 30 minute of tot gestol.

Wenk:  beaconstukkies en sampioene is ook heerlik saam met die spinasie