Wednesday 12 June 2013

Mosterdbraaimarinade





Mosterdbraaimarinade

100 ml geel mosterdsaad
50 ml suiker
5 ml koljandersade
5 ml swartpeperkorrels
2.5 ml fyn gemmer (opsioneel)
2.5 ml borrie (opsioneel)
125 ml appelasyn


50 ml sjerrie
125 ml blatjang
10 ml Worcestershiresous

Hierdie marinade word in die voedselverwerker gemaak. Die heel mosterdsaad word saam met die ander bestanddele verwerk tot glad.
Begin deur die mosterdsaad, suiker en ander droë geurmiddels te verwerk tot fyn. Voeg die asyn by en verwerk tot goed gemeng en glad. Voeg dan die sjerrie, blatjang en Worcestershiresous by en verwerk weer tot deeglik gemeng.
Skep in glasbottels of ander houers uit.


Dié marinade kan gebruik word vir hoender, vark en beesvleis. Marineer die vleis vir ‘n halfuur daarin voordat dit gebraai word, of as jy min tyd het kan jy net die vleis met die marinade smeer terwyl dit braai.