Wednesday 19 June 2013

Lam Boontjie Bredie




lam boontjie bredie

Braai 1 kg lam skenkels (gooi eers sout en peper oor) in ‘ baie warm pan en bietjie olie vir so 5~10 minute. Verwyder die lam en braai een gekapte ui tot bruin, voeg 2 gekapte huisies knoffel by en braai vir ‘n minuut. Verwyder alles uit die pot. Voeg 10 klein aartappeltjies in die bodem gevolg met die vleis, uie, knoffel, die sap van 4 suurlemoene, 4 teelepels peper en 500 ml kookwater met ‘n vleis-ekstrak (beef stock) daarin opgelos.
Laat dit vir 40 minute bedek kook. Gooi 500 gram groenboontjies by en kook vir nog 15 minute. Skep al die vaste-stowwe uit in ‘n bak. Sif so 2 eetlepels meel in die oorblywende sous en los dit daarin op. Gooi die sous oor die vaste-stowwe.
Bedien met rys.

Wenk: 

‘n baie beter idee is om die rys in die oortollige vloeistof gaar te maak. So verander die resep bo. Skep al die vaste goed uit die pot as dit gaar is en kook (verkieslik ) Basmati rys (rou) in die sous (voeg knippie sout by) tot gaar. Jy gaan miskien bietjie kookwater moet by gooi om dit gaar te kry. Los die meel idee, dit werk nie so goed nie. Dit proe ongelooflik lekker, ek belowe. Ook, ek het net 2 suurlemoene in die huis gehad, en dit was fine, so gebruik miskien sap van 2 suurlemoene…