Friday 14 June 2013

KLEUR VAN SPRINGMIELIES




KLEUR VAN SPRINGMIELIES

500 ml suiker ( 2 k )
Geursel en kleursel
40 g margarien ( 2 E + 3 t )
75 ml water ( 6 E )

 Berei stroop van al die bestanddele deur dit in diep kastrol oor lae hitte te roer totdat dit begin kook.
Kook `n paar minute tot skuimerig.
Verwyder van hitte en voeg bereide springmielies by.
Roer vinnig deur om al die mielies met stroop te bedek. Laat afkoel en droog word. ( Genoeg vir 190 ml ) ( 3/ 4 k ) ( ongespringde mielies. )