Thursday 13 June 2013

heuning hoendersosaties




Bedien 4

40 ml groente-olie
50 ml heuning
50ml sojasous
gemaalde swartpeper
2 - 3 sonder vel, ontbeende hoenderborsies in 3cm blokkies gesny
5 knoffelhuisies
1 - 2 uie, maar in blokkies
3 rooi soetrissies in 3cm blokkies gesny

12 kersietamaties
12 knopiesampioene
Sosatiestokkies

Klits olie, heuning, soja sous en peper.
Bedruip die sous oor die hoender.
Plaas die hoender, knoffel, uie en soetrissies in die bak en marineer in die yskas.
Verhit die rooster vir 'n hoë hitte.
Ryg die hoender en groente om die beurt deur die sosatiestokkies.
Braai die hoendersosaties.
Draai en borsel gereeld met marinade.