Wednesday 19 June 2013

Gerookte Varkvleis in Slowcooker




Ansie VanWyk
Hi daar. Wil net met julle deel. Sondag het ons heerlike gerolde, gerookte, varkvleis (buston butt - hoop dit is reg gespel) gehad. Het dit in die slowcooker op hoog vir 6 ure gekook. So in sy 'net-sakkie' met 'n halwe koppie water en so ± 2 eetlepels worcestersous bo-oor die vleis gegooi. Ek het 'n groot ui in dik skywe gesny en dit onder in die pot gesit met die vleis bo-op. Geen sout. Dit was heerlik sag!