Monday 3 June 2013
GEPOSJEERDE EIERS
Bestanddele
eiers
twee knypies sout
knerts asyn
Metode
Bring ʼn pot wat halfpad vol water is tot by kookpunt. Gooi die sout en die asyn in die pot en draai die stoofplaat na hittelesing 2. Breek die eiers een-vir-een in ʼn koppie en gly hulle stadig in die water. Plaas die deksel op die pot. Die sout en asyn sal verhoed dat die eierwit te veel 'loop.' Jy sal vind dat die wit lank voor die geel sal stol. Haal die eiers (na plus minus 5 minute) een-vir-een versigtig met ʼn gaatjieslepel uit. Skep hulle op en geniet hulle.