Wednesday, 26 June 2013

Eierfrikkadelle / Scotch Eggs



Eierfrikkadelle

Wat is padkos sonder ’n hardgekookte eier? Hier draai ons daardie ou padkosstaatmaker in ’n vleisjassie toe.

Jy benodig (genoeg vir 6)
• 250g beesmaalvleis
• 250g varkmaalvleis
• 40ml mielieblom
• ½ koppie parmesaan- of pecorinokaas, gerasper
• 4 sprietuie, gekap
• 1 eetlepel elk vars origanum en pietersielie, gekap
• 1-2 knoffelhuisies, gekneus
• 2 eetlepels vars suurlemoensap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 6 hardgekookte eiers, afgedop
• 2 eetlepels olyfolie
Só maak jy
1 Meng saam. Sit al die maalvleis in
’n mengbak en gooi die res van die bestanddele (buiten die eiers en olyfolie) by. Meng dit met ’n vurk.
2 Rol bolle. Verdeel die vleismengsel in 6 gelyke hoeveelhede en rol dit in bolletjies. Druk dit met jou handpalms plat en draai ’n hardgekookte eier in elkeen toe. Sit dit in die yskas vir sowat 30 minute terwyl jy solank die oond tot 180°C verhit.
3 Goed geolie. Sprinkel die olyfolie in ’n oondbak en pak die eierfrikkadelle daarin.
Oondrooster dit vir 25 minute of tot goudbruin. Laat dit afkoel, pak dit in ’n lugdigte houer en bêre dit in die yskas. Sny die frikkadelle middeldeur as jy dit voorsit.


Scotch Eggs

 Ingredients
oil for frying
4 eggs
2 pounds pork sausage
4 cups dried bread crumbs, seasoned
1 cup all-purpose flour
4 eggs, beaten

Directions

Place eggs in saucepan and cover with water. Bring to boil. Cover, remove from heat, and let eggs sit in hot water for 10 to 12 minutes. Remove from hot water, cool and peel.
Flatten the sausage and make a patty to surround each egg. Very lightly flour the sausage and coat with beaten egg. Roll in bread crumbs to cover evenly.
Deep fry until golden brown, or pan fry while making sure each side is well cooked. Bake in the preheated oven for 10 minutes.
Cut in half and serve over a bed of lettuce and sliced tomatoes for garnish. If mustard is desired it looks beautiful over this.
 
Raad vir die maak:
 
kook eiers soos jy daarvan hou, laat dit koud word en vou mince rondom
 
die sjef gedoen het hy het so ronde plat koekie gemaak en dit toe so geleidelik ingevou maaar ek dink dit sal so bietjie oefen kos om dit reg te kry



( TANNIE POPPIE  (Kokkedoor) laat weet die volgende oor die sagte eier: Hi da jy dop die saggekookte eier in yswater af rol hom dan liggies in meel gemeng met mosterpoeier dan druk jy die vleis liiggies om maak die nate mooi toe