Tuesday 18 June 2013

2 Ryspoeding Resepte

Outydse Ryspoeding

Bestanddele
500ml gaar rys, baie sag gekook
700ml melk

125ml suiker
2 eiers, geskei
5ml vanillageursel
125ml pitlose rosyne
30ml strooisuiker


Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Verhit die rys, melk en suiker saam tot kookpunt en kook totdat die mengsel verdik. Klits die eiergele en vanillageursel liggies saam. Voeg 30 – 45ml van die warm rysmengsel by die eiergeelmengsel terwyl goed geroer word. Die eiermengsel moet nie te vinnig verhit word nie. Voeg nou die eiermengsel by die rys en laat dit ‘n minuut lank kook. Verwyder van die stoof en voeg die rosyne by. Skep dit in ‘n gesmeerde oondskottel. Klits die eierwitte styf. Klits die strooisuiker geleidelik by totdat die eierwitmengsel stywe punte vorm. Bedek die rysmengsel met die eierwitmengsel. Bak ongeveer 20 minute of tot die eierwit verbruin


Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 25-30 minute

250 ml (1 k) rou rys

400 ml klappermelk of room
300 ml volroommelk
125 ml (½ k) suiker
2 stukke steranys
1 kaneelstok
5 kardemomsade se pitjies
kaneelsuiker vir garnering

Spoel die rys af en plaas die rys, klappermelk of room, melk en suiker saam in ’n middelslag-kastrol.
Bring die mengsel tot kookpunt en voeg die steranys, kaneelstok en kardemompitjies by.
Verlaag die hitte en laat prut oor baie lae hitte tot die rys gaar is.
Roer af en toe sodat die rys nie aanbrand nie.
Verdeel die ryspoeding tussen bakkies en garneer met kaneelsuiker.