Genoeg vir: 4
• 250 g strepiespek, gekap
• 2 groot uie, gekap• 4 wortels, gewas en gerasper
• 3 selderystingels, opgesny
• 500 ml rooi lensies
• 2 liter hoenderaftreksel
• 30 ml gekapte pietersielie
• 15 ml suurlemoensap
• croutons en brood om voor te sit
1 Braai die spek in ’n kastrol bros. Skep dit met ’n gleufieslepel uit
en hou eenkant. Los die vet in die kastrol.
2 Soteer die uie in die vet tot sag. Voeg die wortel en seldery by en
soteer vir ’n paar minute.
3 Voeg die lensies en aftreksel by. Laat prut vir 45 minute. Roer die
spek, pietersielie en suurlemoensap by net voor jy gereed is om die sop voor te
sit. Strooi croutons oor en sit voor met brood.