(6-8 porsies)
Kors
• 750 ml fyngedrukte Post Toasties (graanvlokkies) -
dit moet reeds fyngedruk wees voor jy dit afmeet
• 350 ml gesmelte botter
• 250 ml suiker• 5 ml fyn kaneel
• Meng al die bestanddele goed saam en gooi in ’n oondbak
van sowat 25 x 25 cm. Voer ook die kante met die korsmengsel uit.
Vulsel
• 1 liter melk
• 60 ml meel• 500 ml suiker
• 30 ml botter
• 4 eiers, geskei
Verhit oond tot 160 °C. Gebruik bietjie van die melk
om die meel in ’n dun pasta aan te maak. Verhit res van die melk tot kookpunt.
Voeg meelpasta, suiker en botter by. Roer aanhoudend. Die vulsel raak soos ’n
dun witsous. Klits eiergele effens en voeg by wanneer die melkmengsel afgekoel
het. Klits eierwitte styf en vou in by melkmengsel. Gooi in bak wat met die
kors uitgevoer is. Bak vir sowat 45 minute tot vulsel gestol is.