Friday 3 May 2013

Hoendervlerkies op 'n stokkie





Jy benodig
•24 hoendervlerkies
•200 ml tamatiesous
•100 ml blatjang
•50 ml sojasous
•75 ml Worcestersous
•2 knoffelhuisies, fyngekap

Verhit jou oond tot 180 °C. Ryg 3 hoendervlerkies op elke houtsosatiestokkie tot al die vlerkies opgeryg is. Plaas in ’n oondbak. Meng al die souse en knoffel. Gooi dit oor die vlerkies en meng goed sodat elkeen heeltemal bedek is. Maak die bak toe met tinfoelie en bak in die oond vir so 15 minute. (Dis om die hoender ’n hupstootjie te gee met die gaarword. Daar is niks slegter as gebrande hoender wat rou is op die been nie!) Haal uit die oond en braai die vlerkies op warm kole. Verf elke nou en dan nog sous oor.
Iets om te onthou
Die sous gáán effens brand - daar is baie suiker in die tamatiesous en blatjang.
Wenk
Week die houtstokkies vooraf oornag in koue water. Dit sal keer dat hulle brand.

Elsa Burger: Laat lê die hoender eers vir 'n 30 min 'n bak met growwe sout en water. doen dan die oond ding en smeer dan die sous oor terwyl dit braai en siedaar geen gebrand en lekker crispy hoendervlerkies!