Monday, 27 May 2013
Grootmaat Malay Kerrie
Louise se Malay Kerrie (nie sterk nie)
1,5Kg – 2Kg Stowevleis soos Skaapnek, Skenkel of Beesvleis of Hoender
3 tot 4 Uie – gekap
1 Handvol vars Dhunia blare - gekap
Chutney na smaak
4 Eetlepels suiker
1 Koppie Beef stock
1 Blikkie gekapte tamatie “with Indian spices & curry leaves”
Aartappels in kwarte gesny (werk uit ½ med. aartappel per persoon)
1 Bossie Wortels – chunky bits gesny
175ml Plain Full Cream Greek Joghurt of Coconut milk/cream
1 Pakkie droë geelperskes (opsioneel)
1 Groot handvol rosyntjies (opsioneel)
Speserymengsel:
3 Vet huisies vars knoffel fyngemaak saam met duimlengte
vars gemmer
3 groen rissies (chillies), fyngekap (opsioneel)
Swartpeper & sout
3 Stukke heel pypkaneel
5 Heel Naeltjies
5 Kardamonsade - gekneus
3ml Anys
5ml Fyn neut
5ml Fyn Loerierblare of 3 Heel blare
15ml van elk:
Fyn koljander
Cumin (jeera)
Leaf Masala (red)
20ml Borrie
Braai uie en speserymengsel saam oor lae hitte in bietjie olyfolie. Voeg bietjie water by (dis ‘n droë mengsel) en roerbraai tot uie gaar is. Voeg vleis of hoender, dhunia, chutney, suiker, stock en tamatie by. Prut oor lae hitte tot vleis baie sag is. Dit sal enige iets van 1 to 2 uur neem. Voeg aartappels, wortels, rosyntjies en perskes indien gebruik, laaste halfuur by. Roer joghurt en/of coconut cream by met voor opdiening. Voeg nog stock by indien dit te droog kook.