Friday 3 May 2013

dumplings op vleis

Pulane Alcock
Almal wat dumplings op vleis resep soek. Hierdie resep word gereeld deur my gebruik en dit is so lig en maklik.

 250ml koekmeel
10ml Bakpoeier
1ml Sout
12,5ml botter (margarine)
175ml melk


 1. Sif droë bestandele saam, vryf die smeer in en sny vloeistof in met 'n slaplemmes. (Ek meng dit sommer met 'n gewone lepel)
2. Jy kan vloeistof byvoeg indien die beslag te styf is. (Beslag kan eerder te slap wees as te styf.)
3. Doop 'n lepel in die vleissous of sommer net enige water en skep lepels vol op jou sop of vleis.
4. Sit die deksel op en laat 10 na 15 min lank stadig kook. Moenie oopmaak voor daar nie ten minste 10 min verstreke is nie. (Ek laat dit altyd 15min kook.)