Wednesday, 15 May 2013

Besonderse Appeltert





 
Kors

125 ml botter
180 ml suiker
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
250 ml klapper
250 ml Jungle Oats

Vulsel

1 x 810 g-blikkie KOO tertappels
125 ml suiker
5 heel naeltjies
100 ml sultanas
25 ml vlapoeier
250 ml water

Voorverhit oond tot 180ºC.

Kors

1. Room botter en suiker saam.

2. Sif meel en bakpoeier saam, voeg klapper en Jungle Oats by en meng.

3. Meng droë mengsel met bottermengsel.

4. Druk twee derdes van die mengsel uit in ’n 26 cm-deursnee gesmeerde tertbak.

Vulsel

1. Verhit appels, suiker, naeltjies en sultanas saam oor lae hitte.

2. Meng vlapoeier en water tot ’n pasta, voeg by appelmengsel.

3. Verhoog die hitte en kook totdat mengsel verdik. Verwyder van stoof. Laat afkoel.

4. Verwyder die naeltjies. Skep vulsel in kors.

5. Krummel orige deeg bo-oor sodat dit al die vulsel bedek. Bak vir 40 minute. Laat afkoel.

6. Sit louwarm voor met geklopte room of roomys.

 

Maak 1 tert