Thursday 9 May 2013

Beesvleis-bourguignon




Zelda Geldenhuys Griessel
Beesvleis-bourguignon ~ Huisgenoot

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur 10 minute
500 g beesvleis-ghoelasj-blokkies
30 ml (2 e) meel
60 ml (1Ž4 k) botter
kookwater
50 g droë sampioene
150 g spekvleis, gekap
2 uie, gekap
3 wortels, gekap

4 knoffelhuisies, gekap
30 ml (2 e) tamatiepasta
375 ml (1 1/2 k) beesvleisaftreksel
1 bouquet garni (naeltjies, tiemie, pietersielie en roosmaryn wat in ’n stukkie moeselien toegedraai is)

1 Bestrooi die vleis met die meel en skud dan die oortollige meel af.

2 Bedek die sampioene met kookwater en sit eenkant.

3 Verhit die helfte van die botter in ’n kastrol oor matige hitte en verbruin die beesvleisblokkies klompie vir klompie. Sit al die vleis in die kastrol terug, voeg die spekvleis by en soteer tot die spekvleis gaar is.

4 Voeg die ui en wortel by. Roer enige stukkies los wat aan die bodem van die pan kleef. Voeg die knoffel, tamatiepasta en sampioene saam met hul weekvloeistof by. Kook 5 minute terwyl jy gereeld roer.

5 Voeg die aftreksel en bouquet garni by. Bedek en laat prut ’n uur of tot die vleis sag is.

6 Sit voor met aartappels of korserige brood.