Roline de Beer se resep:
Die heerlike sagte broodrolletjies waar-voor die Portugese so lief is en wat op Engels as dampers bekend is, is maklik om te maak en baie lekker saam met braaivleis of braaihoender. Dit wor...d van bruismeel gebak, maar hou nie lank goed nie en moet dus dieselfde dag geeet word.
SO MAAK JY:
Stap 1: Sit bruismeel en sout saam en vryf botter in tot mengsel soos fyn brood-krummels lyk wat omtrent ewe groot is.
Stap 2: Maak holte in middel van droe bestanddele, voeg water wat met melk gemeng is alles gelyk by en meng liggies met skerp mes in snybeweging. Keer uit op plank wat liggies met meel bestrooi is en knie liggies.
Stap 3: Knie deeg in rondte en plaas op gesmeerde bakplaat. Druk deeg dan plat in sirkel van 15 cm. Sny twee kepe in vorm van kruis, sowat 1 cm diep, met skerp mes in deeg. Verf bo-oor met melk en sif bietjie ekstra meelblom oor deeg. Bak in warm oond (230 grade C) vir 10 minute of tot goudkleurig, verlaag dan temperatuur na matig en bak nog 15 minute. Dien warm op saam met botter by braaivleis.
MY WENK:
Jy kan dit ook as potbrood of in broodpan bak i.p.v. broodrolletjies.