Monday 11 March 2013

Wenke




* As jy nie bakpoeier in die huis het nie, vervang 20g bakpoeier met 10ml kremetart en 5ml koeksoda.
* Vervang 250 ml bruismeel met 240ml koekmeelblom, 7ml bakpoeier en 2ml sout.
* Vervang 5ml suurlemoensap met 2ml asyn.
* Vervang 250ml dun room met 250ml onverdunde ingedampte melk.
* Vervang 250ml dik room met 170ml karringmelk en 80ml olie.
* Vervang 250ml jogurt met 250ml suurmelk of karringmelk.
* Eierwitte by kamertemperatuur klits tot ’n beter volume.

* As jy eiers moet afmeet, klits dit eers liggies.
* Gebruik eierwitskuim dadelik sodat die selletjies nie breek en dit minder elasties raak nie.
* Panne: Deeg in ’n donker metaalpan met ’n dowwe oppervlak sal vinniger bak as in ’n blink metaalpan, terwyl dit die stadigste in ’n glasbak sal bak.
* Is jou skons swaar en plat? Jy’t waarskynlik die deeg te veel bewerk of die oond was nie warm genoeg nie.
*As jou koek ’n punt vorm wanneer dit rys, is die mengsel te veel geklits, die beslag was te styf, die oond te warm of die koekpan te diep.