Tuesday 5 March 2013

Mariebeskuitjies





9 k meel
3 k botter
2 t sout
1 k mielieblom
1 k melk
3 k suiker

2 t koeksoda
Plaas koeksoda, suiker & melk in kastrol.
Roer tot dit opbruis & haal dit af. Laat afkoel.
Vryf intussen botter in meel, mielieblom en sout.
Gooi afgekoelde, mengsel by & meng baie goed.
Maak bolletjies, druk plat of deur ‘n meuletjie (dis egter nie ‘n reuse vereiste nie, maar kan dit makliker maak – nie my opinie nie. Die bolletjies werk ewe goed. Die koekie lyk as dit gaar is, onder net soos die Marie-originale beskuitjie. Die gaatjies is selfs sigbaar.)
Bak by 200grade Celcius voorafverhitte oond tot bruin.