Monday 11 March 2013

Lamskenkel Potjie




Bestandele:
Lamskenkels of lam stukke
2 x uie
wortels
1 x bottel worcestersous
1 x bottel soet rooi wyn
‘sun dried tomatoes’
1 x pakkie gedroogte appelkose

2 x pakke mushrooms
Roosmaryn
1 x klein blikkie tamatie puree
1 x rooi kool • baba aartappeltjies

Metode:
Braai die uie en lam todat dit bruin is in die potjie. Voeg al die bestandele (behalwe die kool en aartappeltjies) by en kook oor n lae hitte. 2 ure later...Voeg die kool by en roer die pot vir ‘n laaste keer. Voeg die aartappeltjies by. Nog 2 tot 3 ure later...Jy weet dis reg as die lam van die been af begin val. Haal die lamskenkels versigtig uit en bedien met rys of couscous.