Monday 4 March 2013

Koolslaai




Bestanddele
◦⅓ koppie gewone vetvrye Bulgaarse jogurt
◦¼ koppie ligte mayonnaise
◦3 e vars suurlemoensap
◦1 e pikante bruin mosterd sout en peper
◦3 koppies dungekerfde rooikool
◦3 koppies dungekerfde witkool
◦3 medium wortels, gerasper
◦1 groot vinkelbol, die kern verwyder en in repies gekerf
◦1 Gala- of Fuji-appel, in vuurhoutjierepies gesny
◦2 sprietuie, fyngekap

Aanwysings
1.Gebruik ’n draadklopper en meng die jogurt, mayonnaise, suurlemoensap, mosterd, ½ teelepel sout en ¼ teelepel varsgemaalde swartpeper saam in ’n mengbak.
2.Voeg die kool, wortels, vinkel, appels en sprietuie in dieselfde bak en meng goed deur. Genoeg vir sowat 12 koppies.

ELKE PORSIE Sowat 231 kJ, 2 g proteïen, 9 g koolhidrate, 2 g totale vet (0g versadigde vet), 3 g vesel, 2 mg cholesterol, 185 mg natrium.