Monday 11 March 2013

Klapperys vir soettande

Elsie Jacobs Dreyer

Vir die lui huisvrou, of die avontuurlustige klein kok wat nognie die stoof mag aanskakel nie, is die volgende resep die ideale poging. En jy kan dadelik begin smul aan jou skepping!

Neem ‘n mengbak, en gooi 500g versiersuiker, 400g klapper, 5ml vanilla geursel en ‘n blik kondensmelk daar in. Meng goed deur met ‘n houtlepel – die mengsels sal lekker styf wees.

Verdeel in twee, druk die een gedeelte in ‘n gesmeerde houer (‘n glas oondbak werk altyd lekker) en voeg ‘n paar klein druppels voedselkleursel by die ander mengsel.

Meng deur, en druk die gekleurde gedeelte bo-op die wit vas, sny in blokke, en bedien met tee sodra die kinders vanmiddag uit die skool kom!