Tuesday 5 March 2013

ERTJIE EN SPEK PASTA SLAAI




250g spek in blokkies gesny
Olyfolie
250ml ertjies (bevrore ertjies)
2 sprietuie, gekap
200ml room

Sout en varsgemaalde swartpeper

Braai die spek in ‘n bietjie olyfolie tot bros. Voeg die ertjies by en braai tot die ertjies warm is. Roer die sprietuie enroom by en laat vir so 10 minute kook. Die room moet effens afkook. Terwyl die sous kook, kook die pasta van jou keuse volgens die aanwysings op die pak. Wanneer gaar, dreineer en roer die sous onmiddellik deur. Dien dadelik op.