8 ryp pruime, gehalveer en ontpit
250 g laevet korrelmaaskaas
3 ml karwysaad
1 kop slaaiblare, afgespoel en opgekerf
125 ml okkerneute, gekap
125 ml seldery, gekap
sout en peper
mayonnaise
Meng die seldery, karwysaad, sout en peper met die maaskaas. Vul
elke pruimhelfte met die mengsel en strooi die gekapte neute
daaroor. Plaas die gekapte slaaiblare op 'n opdienbord en pak die
pruimhelftes daarop. Sit voor met 'n beker romerige mayonnaise.