Wednesday, 16 January 2013
Beesvleis Goulash
30 ml olie
750 g beesvleisblokkies
2 uie, grof gekap
3 knoffelhuisies, fyn gedruk
10 ml paprika
2 blikke (410 g elk) heel, geskilde tamaties in sap
250 ml beesvleisaftreksel
10 ml bruinsuiker
Sout en vars gemaalde swartpeper
125 ml suurroom
Verhit olie in ’n swaarboompot en braai vleisblokkies bruin. Voeg uie en knoffel by en braai tot uie sag is. Voeg paprika by, braai liggies en voeg tamaties, aftreksel, bruinsuiker, sout en peper by. Verhit tot kookpunt. Bedek pot, verlaag hitte en prut vir 1 ½-2 uur of tot vleis sag en sous dik is. Verwyder van hitte en geur na smaak. Roer suurroom deur. Sit voor op aartappels of pasta. Genoeg vir 4-6 mense.